top of page
Search

WANNEER KAN DIE SAID DIE BETALING VAN ‘N BELASTINGKREDIET WEERHOU?

  • Writer: Admin
    Admin
  • Mar 3
  • 2 min read

Updated: Mar 11

Die SAID het my onlangs in kennis gestel dat hulle die uitbetaling van my belastingkrediet weerhou, omdat my opgawe vir 2015, na bewering uistaande was, alhoewel die opgawe reeds 10 jaar gelede betyds ingedien was.

Alhoewel daar regtens geen grondslag is vir hierdie houding nie, wil dit voorkom asof hierdie ‘n gereelde taktiek is van die belastinggaarder, om ‘n belastingbetaler to dwing om uitstaande opgawes in te dien, deur te weier om ‘n krediet uit te betaal.

In terme van artikel 190 van die Wet op Belastingadministrasie, Wet 28 van 2011, is die enigste voorwaarde vir die magtiging van die betaling van ‘n inkomstebelasting krediet, dat die SAID geregtig is om so ‘n krediet te onderwerp aan ‘n oudit, of verifikasie, of kriminele ondersoek. Net dit, en niks meer nie.

Die bepaling van hierdie artikel is bevestig en toegepas deur die Hooggereshof in Johannesburg, in die onlangse saak van Top Watch (Eiendoms) Beperk v K, SAID waar die hof bevind het dat die SAID nie geregtig is om die betaling van ‘n krediet te weerhou nie, waar daardie krediet reeds geoudit is.

In daardie saak het die SAID onsuksesvol aangevoer dat hulle geregtig was om die betaling van ‘n krediet te weerhou, aangesien hulle besig was om ‘n ander opgawe to oudit.

In die lig van die SAID se houding teenoor my krediet, wil dit vookom asof hulle eenvouding  die bepaling van die wet, en die uitsprake van ons howe, ignoreer.

BTW is ‘n ander saak: daar mag die SAID regtens die betaling van ‘n krediet weier, totdat alle uitstaande opgawe ingedien is.

Na die ontvangs van my kennisgewing van my voorneme om die hooggeregshof te nader om ‘n gepaste bevel, het die SAID sonder verdere versuim, die krediet aan my betaal. Kontak Alan vir Spesialis raad en hulp.

 
 
 

Comments


bottom of page