top of page
Search

DIE TAMMELETJIE VAN ‘N BERAMING VAN AANSLAG: ARTIKEL 95 VAN DIE WET OP BELASTINGADMINISTRASIE, WET 28 VAN 2011

  • Writer: Admin
    Admin
  • Mar 3
  • 2 min read

Die SAID gebruik gereeld beramings van aanslae, as deel van hulle arsenaal, en dit blyk asof die belastingpubliek kleitrap met die betrokke regsbeginsels.

In terme van hierdie artikel, kan die SAID ‘n beraming van aanslag uitreik:

(a), waar’n belastingpligtige versuim om ‘n opgawe in te dien;

(b) waar ‘n belastingpligtige ‘n opgawe  of relevante inligting indien wat òf verkeerd, òf onvolledig is, of

(c) waar die belastingpligtige  versuim het om dokumentêre bewyse aan die SAID te lewer, na meer as 1 versoek vir daardie dokumente.


Die probleem met so ‘n beraming van aanslag, is dat ‘n belastingpligtige slegs ‘n omiddellike beswaar kan indien teen so ‘n aanslag, waar dit uitgereik is in geval (b), naamlik, waar die opgawe of inligting wat ingedien is òf verkeerd, òf onvolledig is.

In die ander 2 gevalle, moet die belastingpligtige eers die uitstaande opgawe indien, of die uitstaande dokumentêre bewyse aan die SAID versaf, welke indiening of verskaffing dan geag word ‘n versoek te wees aan die SAID vir die uitreiking van ‘n vermindere aanslag.


Dit is slegs wanneer die SAID skriftelik bevestig, dat hulle nie ‘n verminderede aanslag sal uitreik nie, soos in gevalle (a), en (c) hierbo genoem,  dat die reg onstaan om ‘n beswaar aan te teken, teen die gewraakte aanslag.

Meerdere belastingpligtiges meen dat hulle sonder meer ‘n beswaar teen ‘n beraming van aanslag kan aanteken, voordat hulle vasgestel het hoekom dit uitgereik is. Dit is ‘n fout wat hulle duur te staan kan kom.

Die eerste stap met ‘n beraming van aanslag, is om duidelik te verstaan hoekom die aanslag uitgereik is. Daardie antwoord sal die bepaalde stap aanwys  om die gewraakte aanslag teen te staan.

 
 
 

Comments


bottom of page